Splendor in the Grass.

I can see you’re thinking baby

I’ve been thinking too

about the way we used to be

and how to start anew/

Maybe I’m a hopeless dreamer

maybe I’ve got it wrong

but I’m going where the grass is green

if you’d like to come along/

Back when I was starting out

I always wanted more

but every time I got it

I still felt just like before/

Fortune is a fickle friend

I’m tired of chasing fate

and when I look into your eyes

I know you feel the same/

All these years of living large

are starting to do us in

I won’t say it wasn’t fun

but now it has to end/

Life is moving oh so fast

I think we should take it slow

rest our heads upon the grass

and listen to it grow/

Going where the hills are green

and the cars are few and far

days are full of splendor

and at night you can see the stars/

Life’s been mowing oh so fast

I think we should take it slow

rest our heads upon the grass

and listen to it grow

Pink Martine – Splendor In The Grass / Lyrics MetroLyrics

Afskeid en Vertrek.

om met die instap te hoor:  “kyk, Daan is dood.”

“o God, wanneer?”

“vanoggend om sewe,

die laaste dae was bitter seer.”

My skoonpa is dood.  Daar is geen ander manier om dit te sê nie.  Ek kom weer onder die indruk van hoe kort ons reis.  Ek kom weer te staan voor afskeid.   Altyd maar die afskeid.  Altyd maar die vertrek.

Ons is voortdurend op reis.  Na ander lande.  Binne ons eie land.  Van een verhouding na ‘n ander.  Vriendskappe word agtergelaat vir nuwes.  ‘n Minnaar vind ‘n ander een.  Klaarblyklik ‘n beter een.  Vrouens stap uit huwelike van dertig jaar en meer en reis voort.  Alleen of met ‘n ander een.  Dan is daar ook die reisigers wat maar net binne hulself reis.  Na ‘n beter plek.  Ewig op soek na nirvana.  Ewig op reis.  Tot ons dan, uiteindelik én onvermydelik, reis na die anderkant.  Weg uit hierdie lewe.  Weg uit die bekende.  ‘n Reis na die ewigheid.

Ons groet vir ‘n laaste maal.  Neem afskeid.  Draai om en stap weg met ‘n gevoel van verlies.

‘Wat bly;  wat bly?  Die kaste is leeggemaak, die laaste tasbare herinnering weggeruim.’  Wat bly?  Wat bly?  ‘Liefde bly, en herinnering;  maar dit kan nie al wees nie, dit kan nooit genoeg wees nie.  Verlange bly, verlange om die patroon te soek en te vind:  verlange ondersoek vraend die meanders en tas die buitelyne af, ongedurig en onseker soos ‘n blinde.’

Wat bly?  Wat bly?  ‘Woorde bly, die woorde waarvoor daar geluister is en wat moeisaam bymekaargesoek is, woorde wat stadig en peinsend langs mekaar gelê is:  knielend op die grond, bukkend oor die werk, gesig na die aarde gekeer, wy die soeker hom of haar aan die enkele taak, om die klipskilfers en fragmente een vir een naas mekaar te lê, te verplaas of te verwerp, totdat die mosaïekpatroon voltooi is.  Woorde bly dus, versigtig en presies soos klein blink steentjies waaruit patrone opgebou word.  En wat meer as dit:  wat nóg? ‘

Wat bly?  Wat bly?  ‘Wat bly, maak uiteindelik ook nie saak nie.  Jy tel die klippie op, raak bewus van sy gewig, voel sy koelheid teen jou vingertoppe, weeg dit, en sit dit neer op sy bepaalde plek.  Wat die patroon is wat onder jou hande gestalte kry, en of dit ooit voltooi sal word, gaan jou nie aan nie:  die donker bewaar sy geheime.  Jy doen jou deel.

Onder die asfalt en beton stroom die water see toe, en teen die muur bot die takke van die boom, teen die glas van die geslote venster tik die bottende tak, en die uiteindelike uitkoms, ofskoon verborge, is seker.  Die water is sterker as die klip, en die wassende lewe in die tak sterker as die ruit waaraan dit klop;  in die donker blom die boom, ongesien in helderheid.

Hy het aangekom.’

Dit is dan wat bly.  ‘n Herinnering.  ‘n Woord.  Liefde.  Die verbeelde vlug van dink jy sien hom of haar tussen  mense op straat.  Die stille lees van ‘n boek en skielik is hy daar tussen die swart reëls.  Om ‘n fluit te hoor en om, uitbundig bly na al die jare, te dink:  ‘Dis my Pa!’  Om te besef hy het al meer as twintig jaar gelede vertrek.  Ons het twintig jaar gelede afskeid geneem.  Of het ons?

Wat maak jy met jou reis?  Wat maak ek?  Verken ons vreemde plekke?  Verken ons die uithoeke van ons hart?  Elkeen se reis lyk anders.  Elkeen het ander drome.  Ander vergesigte.  Dit maak nie saak nie.  Solank jy net oppad is.  Solank jy net nie in die leuenstoel sit nie.  Tevrede is met jouself nie.  Dan bestaan jy net.  Dan groei jy nie.

Dit is my vaste oortuiging dat God ons geskape het met die doel dat ons onsself moet ontwikkel na die beste van ons vermoë.   Dat ons nie net tevrede sal wees met dit waarmee ons gebore is nie.  Dat ons deur hierdie lewe moet gaan en dit moet geniet!  Dat ons moet ontdek.  Verken.  Nuwe vaardighede sal aanleer.  Dat ons onsself moet liefhê.  En die om ons.  Dat ons sal lag.  Sal vrolik wees.  Die reis sal geniet.

Wanneer ons faal om dit te doen, wat sal bly.   Wat sal bly?  Wat sal bly?

voor my hut aan die soom van die water

lê boomstompe uitgepoel          asof van as

en die omlyning van tyd

-klinkers en medeklinkers van daardie groottaal

wat ons nie meer kan lees nie

en iewers beier die lied nog in ons gebeente – /

ons het’n vreugdevuur gemaak en gelag

om vonke en sterre in die wynglas te vang

maar in die nag was daar stilte

soos ‘n toekoms van verlange

en dan het ‘n maan van brons geklok

om ‘n skil van bonsende beweging oor die see te lê

 

Aanhalings:  Jan Blom – oorblyfsels:  ‘n roudig.

Karel Schoeman – Afskeid en vertrek.

 

 

 

Boord van Woorde.

Sy plant haar woorde in die grond

Sy lei dit nat met trane

Sy hang haar woorde in die wind

Gooi haar woorde na die son

Strooi haar woorde oor die see/

Wie sal hoor

Wie sal hoor

Wie sal hoor

In die boord van woorde/

Sy skreeu haar woorde vir die nag

die sterre het ore

Sy vang haar woorde teen die rots

Sy bak haar woorde in die vuur/

En die noordewind kom

En haar woorde waai ver

Haar woorde word saad

Die saad word ‘n ster

En sterrre verskiet

Verdwyn in die niet…

In die boord word weer woorde gebore/

Sy pluk haar woorde in die boord

Sy pak hul in haar mandjie

Sy vleg haar woorde in ‘n krans

Poets haar woorde met fluweel

Dra haar woorde soos ‘n kroon

– Amanda Strydom.

‘n Man se saak is ‘n man se saak.

By my pa het ek geleer:  jy redeneer nie met mense oor politiek of geloof nie.  Ek voeg seksualiteit by die lysie.  Ek spreek my ook nie graag hieroor uit nie – veral nie in die openbaar of sosiale media nie.   Dit is, om die minste te sê, ‘n lont wat wag om te ontvlam.   ‘n Teer saak by baie.  Al preek ek immer dat mens moet standpunt inneem, is dit nogtans nodig om ander hulle menings te gun.  Om nie te redeneer oor dit wat vir mense heilig is nie.  Om ook nie te oordeel nie.  Soos my vriend tereg sê:  ‘n Man se saak is ‘n man se saak.’  Sela.

Somtyds gebeur dit egter tog dat ek iets sien of waarneem en dan bietjie die grense oorskry.  My nek so ‘n bietjie uitsteek.  Net ‘n bietjie.

Ek sien ‘n foto van ‘n man.  Wragtag ‘n netjies man.  Donker pak.  Aantreklik.  Die hele mooi pakkie.  Nou kyk, ek het ‘n ding vir donker pakke.  Swart pakke kry eerste prys.  Dus kyk ek onmiddellik.  Hy het, soos ons almal, ‘n storie te vertel.  Hierdie middeljarige man.

10944879_941514325922668_8370015341527596653_o

Hy vertel van sy seun wat – twintig jaar gelede – skielik net nie meer gereageer het op hulle nie.  Hy kon al praat.  Kon al loop.  Hy het al die dinge gedoen wat normale peuters doen.  Skielik het alles egter tot stilstand gekom.  Soos ‘n enjin wat jy afskakel.  Al word dit nie vertel nie kan ek hierdie ouers se verbystering sien.  Hulle seun steek nie meer sy vet armpies na hulle uit nie.  Hy waggel nie meer op koddige beentjies na die wat vir hom die liefste het nie.  Hy lag nie meer nie.  Hy luister nie met ‘n gedraaide koppie na hulle stemme nie.

Vriende en familie het probeer troos.  Ook vreemdelinge.  Dié een se kind het eers op vier begin loop en makeer vandag niks.  Daardie een se kind het laat begin praat.  ‘Seuntjies is stadiger’, paai ‘n ander.

Nie oortuig nie soek hulle mediese hulp.  Van die een dokter na die ander.  Met sy gehoor was niks fout nie.  Alle toetse was negatief.  Niks was skynbaar met hierdie kind verkeerd nie.  En toe gebeur waarop hulle nie voorbereid was nie – hulle liefste kind was outisties.  Ek ken outisme.  Ek het die wêreld se deernis met die ouers van hierdie kinders.   ‘n Baie spesiale plek in my hart vir hierdie kokonkinders.

Dan onthou die pa vandag, twintig jaar later, steeds die woorde van ‘n ouer wat eens op ‘n tyd aan hom gesê het hoe verpletter hulle was toe hulle moes uitvind hulle seun is gay.  Dan sê hierdie pa prontuit dat hy ‘n honderd maal honderd keer eerder ‘n homoseksuele seun sou kies as ‘n outistiese seun.

Hier hou ek op met lees.  Ek dink.  Dink hoe ons soms so bevooroordeeld is.  Ek ook.  Ons oordeel so maklik.  Spreek so maklik woorde uit wat ons nooit weer kan terugroep nie.  Kwes so maklik.  Is so onnadenkend.  Vinnig met die tong.  Stadig met deernis.

Wat kies julle?  ‘n Gesonde homoseksuele kind of ‘n kind met outisme.  Of kanker.  Of enige een van al die magdom siektes wat kinders vandag het.  Soos die engelsman sê:  I rest my case en ‘n man se saak is tog immers ‘n man se saak.

‘n Vreemde Vrou.

In 2014 gaan Somalië gebukkend onder ‘n verskriklike oorlog.  Kinders so jonk soos sewe en ag jaar sluit aan by rebelle groepe en veg diep in die bosse van die land.  Maar die storie gaan nie oor hierdie kindersoldate nie.  Dit is ‘n storie op sy eie.  ‘n Skrikwekkende storie wat my nie wil verlaat nie.  ‘n Storie vir anderdag se vertel.

fig_f0557-01Mense, hoofsaaklik vrouens, vlug uit die land om êrens ‘n beter heenkome te vind.  ‘n Plek waar hulle kinders veilig sal wees.  Waar kinders dalk weer vreesloos in strate kan speel.  Waar die reuk van vuur en dood nie hang nie.  Hulle loop met bondels op hulle koppe.  Met bondels op hulle rûe.  Skamele aardse besittings wat saamgedra word.  Die noodsaaklikste van alreeds amper niks.

qaxzz-620x330

Stap hulle net blindelings in hulle haas om die dood te ontwyk?  Ek weet nie.  Ek weet ook nie hoe lank hulle hieroor nagedink het nie.  Staan jy net een oggend op en weet jy moet wegkom?  Los jy jou man en familie net so?  Of is daar nie meer ‘n man en familie nie?  Los jy alles wat aan jou bekend is?  Die groen woude?  Die Afrika son?  Is die drang om jouself en jou kind te beskerm so groot dat jy rigtingloos met kaalvoete begin stap?  Weg.  Weg na daar waar jy hoop dinge beter sal wees.

Een so ‘n vrou kry ‘n gesig.  ‘n Naam.  Al het ek dit lankal vergeet.  Tog bly haar gesig my by.  Sy stap ook.  Met vyf kinders.  Koersloos die vreemde in.  ‘n Reis na hoop.

An internally displaced woman walks past a war-ravaged building in Howl Wadaag district of Mogadishu

Daar gebeur egter dinge op hierdie pad.  Sy verloor al haar kinders.  Of hulle van dors en honger omgekom het, weet ek nie.  In my verbeelding sien ek hierdie vrou met ‘n sterwende kind in haar arms.  Ek sien haar trane.  Ek hoor haar snikke.  Nie een keer nie.  Vyf maal moet sy ‘n dooie kind agterlaat.  Het sy hulle toegepak met klippe?  Takke oor hulle gesit?  Agtergelaat vir roofvoëls.  Haar keuses was beperk.  In haar alleenheid stap sy voort.  Harseer.  Moeg.

Dan kom sy drie ander kinders op haar pad teë.  Ouerloos.  Wees.  Weer eens is die besonderhede aan my onbekend.  Is hulle vermoor?  Wat het hierdie kinders gedoen?  Op ‘n hopie by die lyke sit en huil?  Verward geroep om hulp?  Ek weet nie.  Ek weet net dat hierdie vrou hulle kry.  Daar op die pad.  Sy reik na hulle uit.  Gee hulle waarskynlik van die bietjie water wat sy het.  Voer hulle ‘n paar krummels.  Ontferm haar oor hulle.  Neem hulle saam met haar op die eindelose pad.

Die vrou en drie kinders kom in Suid Afrika aan.  In Johannesburg.  Sy sit op straat met die kinders.  Dis daar waar iemand ‘n foto neem.  Dieselfde foto wat ek gesien het.  ‘n Vrou verslaan deur die lewe maar met hoop in haar oë.

Ek dink so baie terug aan haar.  Wonder oor haar.  Wat van haar geword het.

Geen verdere feite is oor haar bekend nie.  Maar ek onthou haar.  Sien haar duidelik voor my.  Die kaal voete.  Die verflenterde lappe om haar lyf.  Die kors op haar lippe.  Die hoop in haar oë.

Foto’s:  Google